Versoeningsdag. Yom Kippur


Versoening

Levítikus 16

Ons lees in Levítikus dat die Here met Moses gepraat het na die dood van Aäron se twee seuns.
Aäron word vermaan om nie enige tyd in die heiligdom in te gaan nie, maar slegs een maal per jaar op die dag van versoening. Yom Kippur!
Levítikus 16:21 en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur 'n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.



Hierdie bok moes die sonde van die volk op hom dra die woestyn in, sodat daar vergifnis kon kom. So lees ons in Johannes 1 die volgende:

Johannes 1:29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld weg neem!

Ons het dus nie meer 'n sondebok nodig om ons sondes weg te neem nie maar Yeshua het dit vir ons aan die kruis kom doen. Koning David noem reeds in Psalm 103 vir ons van hierdie vergifnis, hoor net hoe mooi:

Psalm 103:11-12 Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat hom vrees. So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

Detail of "David Playing the Harp" (1670) by Jan de Bray


Kom ons loof en prys Yeshua ons Christus wat vir ons aan die Kruishout gesterf het en weer opgestaan het, dat ons nie hoef te wag vir 'n Priester wat slegs een maal per jaar vir ons sondes se vergifnis kan pleit nie. Jesus ons Koning leef en deur Sy genade is ons waarlik vry om elke dag tot God die Vader se troon te kom, sodat ons 'n lewendige verhouding met Hom kan hê.




Comments

Popular posts from this blog

False Prophets